Genesis 20:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar God het in die nag in 'n droom na Abimeleg gekom en vir hom gesê: Kyk, jy is maar 'n dooie man vanweë die vrou wat jy geneem het; want sy is 'n man se vrou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die nag verskyn God toe in ’n droom aan Abimelek en sê vir hom: “Jy speel met die dood, want daardie vrou wat jy geneem het, is alreeds getroud.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar God het in die nag by Abim,leg gekom in 'n droom en vir hom gesê: Kyk, jy sal sterwe ter wille van die vrou wat jy laat haal het, want sy is 'n getroude vrou. |
| Afrikaans 1983 | Een nag het God in 'n droom aan Abimelek verskyn en vir hom gesê: “Jy gaan sterf omdat jy met hierdie vrou wil trou. Sy is al getroud.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar God het in 'n nagtelike droom na Abimeleg gekom en vir hom gesê: “Kyk, jy gaan sterf oor die vrou wat jy geneem het, want sy behoort aan 'n man.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abimelek het daardie nag gedroom dat God na hom toe kom en vir hom sê: “Jy sal sterf omdat jy hierdie vrou gevat het, sy is 'n getroude vrou.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het egter in ’n droom vir Abimelek gesê: “Jy is so goed as dood oor die vrou wat jy gevat het, want sy is ’n ander man se vrou.” |