Genesis 20:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En vir Sara het hy gesê: Kyk, ek het jou broer duisend sikkels silwer gegee; kyk, hy is vir jou 'n bedekking van die oë, vir almal wat by jou is en vir al die ander; so is sy tereggewys.
Afrikaans (NLV) 2011 “Kyk,” sê hy vir Sara, “ek gee jou broer 1 000 stukke silwer om te vergoed vir enige verleentheid wat ek dalk vir jou of enigeen by jou kon veroorsaak het. Dit sal enige verdere eis teen my afhandel.”
Afrikaans 1933/1953 En vir Sara sê hy: Hier gee ek aan jou broer duisend sikkels silwer. Kyk, dit is vir jou 'n bedekking van die oë met betrekking tot elkeen wat by jou is, sodat jy in elke opsig geregverdig is.
Afrikaans 1983 Vir Sara het Abimelek gesê: “Ek gee aan jou broer duisend stukke silwer. Dit is om almal wat by jou is, te laat stilbly en om te wys alles is in orde.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir Sara het hy gesê: “Kyk, ek gee vir jou broer duisend silwerstukke. Kyk, dit is 'n teken van jou eerbaarheid vir almal wat by jou is. By almal is jy geregverdig.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En vir Sara het hy gesê: “Ek gee vir jou broer 1 000 stukke silwer, sodat almal wat by jou is, sal stilbly en sodat hulle sal weet alles is reg.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir Sara het hy toe gesê: “Jy het niks verkeerds gedoen nie en almal weet dit nou. Ek het 1 000 silwerstukke vir jou broer gegee. Dit is ’n teken dat jy onskuldig is. Jy is nou vergoed hiervoor.”