Genesis 20:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe God my van die huis van my vader af laat dwaal het, het ek vir haar gesê: Dit is jou goedertierenheid wat jy aan my moet bewys; op elke plek waarheen ons sal kom, sê van my: Hy is my broer.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe God my uit my geboorteland laat wegtrek het, het ek vir haar gesê: ‘Waar ons ook al gaan, moet jy asseblief ter wille van my sê dat jy my suster is.’”
Afrikaans 1933/1953 En toe God my uit die huis van my vader laat omswerf het, het ek aan haar gesê: Dit is die guns wat jy van jou kant aan my moet bewys -- op elke plek waar ons kom, moet jy van my sê: Hy is my broer.
Afrikaans 1983 Toe God my uit my vaderland laat wegtrek het, het ek vir haar gesê: Jy kan wys dat jy my liefhet deur op elke plek waar ons kom, van my te sê: Hy is my broer.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En toe God my laat rondswerf het, weg van my familie, het ek vir haar gesê, ‘Dit is jou trou wat jy aan my moet bewys; op elke plek waar ons kom, moet jy van my sê: “Hy is my broer.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe God vir my gesê het ek moet weggaan, weg van my familie, het ek vir haar gevra: ‘Help my asseblief. Jy moet sê ek is jou broer. Jy moet dit doen op elke plek waar ons kom.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe God my destyds geroep en my ver van my ouerhuis af laat weggaan het, het ek vir Sara saamgevat. En ek het haar gevra om oral waar ons kom te sê ek is haar broer. So sal sy wys dat sy my liefhet.”