Genesis 20:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En tog is sy waarlik my suster; sy is die dogter van my vader, maar nie die dogter van my moeder nie; en sy het my vrou geword.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy is inderdaad my suster. Ons het dieselfde pa, maar nie dieselfde ma nie. Ons is egter wel getroud.
Afrikaans 1933/1953 En sy is ook werklik my suster; sy is my vader se dogter, maar nie my moeder se dogter nie; en sy het my vrou geword.
Afrikaans 1983 Sy is regtig my suster: sy is my pa se dogter, maar nie my ma s'n nie. Ek is met haar getroud.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bowendien, sy is inderdaad my suster, sy is die dogter van my vader, net nie die dogter van my moeder nie; en sy het my vrou geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En ook, sy is regtig my suster. Sy is my pa se dogter, maar sy is nie my ma se dogter nie. Maar sy is ook my vrou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En, Meneer, sy is eintlik my suster. My pa is ook haar pa, maar ons het nie dieselfde ma nie.