Genesis 20:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Abraham: Omdat ek gedink het: Waarlik, daar is geen vrees vir God op hierdie plek nie; en hulle sal my doodmaak ter wille van my vrou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar,” antwoord Abraham, “ek was onder die indruk dis ’n goddelose plek hierdie. Ek het gedink: ‘Hulle sal my vrou wil hê en my doodmaak om haar in die hande te kry.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En Abraham antwoord: Ek het gedink daar is regtig geen vrees vir God in hierdie plek nie, sodat hulle my oor my vrou sal doodmaak. |
| Afrikaans 1983 | Toe het Abraham gesê: “Ek het gedink hier is niemand wat vir God dien nie en die mense sal my doodmaak oor my vrou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abraham het geantwoord: “Dit is omdat ek gedink het daar is beslis geen ontsag vir God op hierdie plek nie, en dat hulle my sal doodmaak oor my vrou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe antwoord Abraham: “Ek het gedink niemand in hierdie plek dien God nie, ek het gedink hulle sal my doodmaak om my vrou te kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abraham het probeer verduidelik: “Ek was bang, Meneer, ek was bang. Ek het vir myself gesê dat hierdie plek se mense nie vir God ken nie en dat hulle my sommer oor my mooi vrou sal doodmaak. |