Genesis 19:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk nou, ek het twee dogters wat geen mens geken het nie; laat ek hulle tog na julle uitbring en aan hulle doen soos goed is in julle oë; doen net aan hierdie manne niks nie; want het hulle onder die skaduwee van my dak gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Kyk, ek het twee dogters, albei nog maagde. Ek sal hulle buitentoe bring. Doen met hulle wat julle wil, maar los hierdie mans uit, want hulle is onder my beskerming.”
Afrikaans 1933/1953 Kyk tog, ek het twee dogters wat geen man beken het nie; laat ek die na julle uitbring, en doen met hulle soos dit goed is in julle oë. Net aan hierdie manne moet julle niks doen nie, want daarom het hulle onder die skaduwee van my dak ingekom.
Afrikaans 1983 Ek het twee dogters. Hulle het nog nie gemeenskap met 'n man gehad nie. Ek sal hulle vir julle laat uitkom, doen julle dan met hulle wat julle wil. Moet net nie iets doen aan hierdie mans nie, want hulle het onder die beskerming van my dak ingekom.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, ek het twee dogters wat nog nie met 'n man gemeenskap gehad het nie. Laat ek hulle liewer na julle uitbring. Maak dan met hulle soos dit goed is in julle oë. Net aan hierdie mans moet julle nie iets doen nie, want juis daarom het hulle onder die skadu van my dak ingekom.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Luister na my. Ek het twee dogters wat nog nie by 'n man geslaap het nie. Ek sal hulle na julle toe bring en julle mag dan met hulle doen wat julle wil. Maar julle mag niks doen aan hierdie mans nie, want hulle het na my huis gekom en ek moet hulle beskerm.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kyk, ek het twee dogters. Hulle is hier binne-in die huis. Hulle het nog nooit by ’n man geslaap nie. Ek is bereid om hulle vir julle te bring en julle kan met die dogters doen net wat julle wil. Maar moet in hemelsnaam niks aan die twee mans doen nie. Hulle is my gaste vir die nag.”