Genesis 19:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het na Lot geroep en vir hom gesê: Waar is die manne wat vanaand na jou ingekom het? Bring hulle na ons uit, dat ons hulle kan ken. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle skree vir Lot: “Waar is die mans wat die nag by jou deurbring? Bring hulle uit sodat ons seksueel met hulle kan verkeer!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit, dat ons hulle kan beken. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het vir Lot geroep en vir hom gevra: “Waar is die mans wat vanaand na jou toe gekom het? Bring hulle uit na ons toe. Ons wil geslagsgemeenskap met hulle hê.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle roep toe na Lot en sê vir hom: “Waar is die mans wat vannag by jou aangekom het? Bring hulle uit na ons toe, sodat ons met hulle gemeenskap kan hê!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het vir Lot geroep en vir hom gevra: “Waar is die mans wat vanaand na jou toe gekom het? Bring hulle uit na ons toe. Ons wil seks hê met hulle.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het Lot geroep en gevra: “Waar is die mans wat vroeër vanaand hier by jou was? Bring hulle uit. Ons wil hulle sien en met hulle seks hê.” |