Genesis 19:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar voordat hulle gaan slaap het, het die manne van die stad, die manne van Sodom, die huis omsingel, oud en jonk, al die mense van elke kant af. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | toe hulle begin klaarmaak om te gaan slaap, het al die mans van Sodom, oud en jonk, van oor die hele stad saamgekom en die huis omsingel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het nog nie gaan slaap nie toe die manne van die stad, die manne van Sodom, die huis omsingel: jonk en oud, die hele bevolking, almal saam. |
| Afrikaans 1983 | Voor hulle die aand gaan slaap het, het die mans oral uit die stad uit, die mans van Sodom, oud en jonk, die hele klomp, die huis van Lot omsingel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Voordat hulle gaan slaap, kom die manne van die stad, die manne van Sodom, van oral oor na die huis, jonk en oud, al die mense, sonder uitsondering. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mans van Sodom het om die huis kom staan voordat Lot-hulle gaan slaap het. Daar was ou mans en jong mans. Hulle het van oral in die stad gekom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net voor slaaptyd was daar skielik ’n geraas buite. Al die stad se mans het voor Lot se huis saamgedrom. Almal was daar; jonges en oues. |