Genesis 19:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het hulle vader daardie nag ook wyn laat drink, en die jongste het opgestaan en by hom gemeenskap gehad; en hy het nie gemerk wanneer sy gaan lê of wanneer sy opstaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het hom toe daardie aand weer dronk gemaak, en die jonger dogter het ingegaan en by hom gaan slaap. Soos die vorige keer, was hy onbewus daarvan dat sy kom lê het of dat sy opgestaan het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle gee toe die nag weer aan hulle vader wyn om te drink, en die jongste het opgestaan en met hom gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het hom toe daardie nag weer dronk gemaak, en die jongste dogter het met hom gemeenskap gehad. Hy het nie agtergekom dat dit sy is wat by hom kom lê en daarna opstaan nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het toe ook daardie nag hulle vader wyn laat drink, en die jongste het opgestaan en by hom gaan lê. Hy het nie iets agtergekom toe sy gaan lê en opstaan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle gee toe daardie nag weer vir hulle pa wyn, en die jongste dogter het by hom gaan slaap. Hy het nie geweet dat sy by hom kom slaap het en opgestaan het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daardie aand het hulle toe weer hulle pa dronk gemaak en ook die jongste dogter het by hom geslaap. Lot het weer nie eens geweet dat sy jongste by hom geslaap het of wanneer sy opgestaan het nie. |