Genesis 19:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die volgende dag het die eersgeborene vir die jongste gesê: Kyk, ek het gisteraand by my vader gelê; laat ons hom ook in hierdie nag wyn laat drink; en gaan in en lê by hom, dat ons die saad van ons vader kan bewaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volgende oggend sê sy toe vir haar suster: “Ek het laas nag by ons pa geslaap. Kom ons maak hom vanaand weer dronk met wyn en dan gaan jy in om by hom te slaap. Op so ’n manier kan ons deur ons pa ’n nageslag laat voortleef.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die volgende dag sê die oudste aan die jongste: Kyk, ek het verlede nag met my vader gemeenskap gehad; laat ons hom vannag weer wyn gee om te drink; gaan dan in, hou met hom gemeenskap, dat ons deur ons vader 'n geslag in die lewe kan hou. |
| Afrikaans 1983 | Die volgende dag sê sy toe vir die jongste: “Ek het verlede nag by hom geslaap. Kom ons maak hom vannag weer dronk en dan gaan slaap jy by hom sodat ons elkeen 'n kind by hom kan hê.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die volgende dag sê die oudste toe vir die jongste: “Kyk, ek het verlede nag by ons pa geslaap. Kom ons gee hom ook vannag wyn; gaan jy dan in en lê by hom, sodat ons uit ons pa 'n nageslag in die lewe kan bring.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die volgende oggend het die oudste dogter vir die jongste dogter gesê: “Ek het gisteraand by Pa geslaap. Kom ons gee hom vannag weer wyn en dan gaan slaap jy by hom. So sal ons pa 'n nageslag hê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volgende oggend het die oudste vir die jongste dogter gesê: “Ek het laas nag by Pa geslaap. Vannag is dit jou beurt. Ons maak hom eers goed dronk en dan gaan lê jy by hom. So sal ons darem ’n nageslag hê.” |