Genesis 19:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het hul vader daardie nag wyn laat drink, en die eersgeborene het ingegaan en by haar vader gemeenskap gehad; en hy het nie gemerk wanneer sy gaan lê of wanneer sy opstaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het toe so gemaak. Daardie aand het hulle hom met wyn dronk gemaak en die ouer dogter het by haar pa gaan slaap. Hy was onbewus daarvan dat sy kom lê het of dat sy opgestaan het.
Afrikaans 1933/1953 Hulle gee toe die nag aan hulle vader wyn om te drink, en die oudste het gekom en met haar vader gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan.
Afrikaans 1983 Daardie nag het hulle hom dronk gemaak, en die oudste dogter het met hom gemeenskap gehad. Hy het nie besef dat dit sy is wat by hom kom lê en daarna opstaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daardie nag het hulle hulle vader wyn laat drink; en die oudste het ingegaan en by haar vader gaan lê. Hy het nie iets agtergekom toe sy gaan lê en opstaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daardie nag het hulle toe vir hulle pa wyn gegee om te drink, en die oudste dogter het by hom gaan slaap. Lot het nie geweet dat sy by hom kom slaap het en weer opgestaan het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daardie aand het hulle Lot dronk gemaak. Toe hy goed dronk was, het die oudste by hom gaan lê. Lot het nie eens geweet dat sy oudste by hom geslaap het of wanneer sy opgestaan het nie.