Genesis 19:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die eersgeborene sê vir die jongste: Ons vader is oud, en daar is geen man op die aarde om na ons in te kom soos die hele aarde nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Op ’n dag sê die ouer dogter vir haar suster: “Ons pa word nou oud. Daar is nêrens in hierdie omgewing ’n man met wie ons kan trou nie.
Afrikaans 1933/1953 En die oudste het aan die jongste gesê: Ons vader is oud, en daar is geen man in die land om, na die reël van die ganse aarde, by ons in te gaan nie.
Afrikaans 1983 Die oudste dogter het vir die jongste gesê: “Pa is oud. Hier rond sal ons nie op die gebruiklike manier mans kry nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die oudste dogter sê toe vir die jonger een: “Ons pa is al oud, en in dié land is daar nie 'n man wat by ons kan ingaan, soos dit die gebruik in die hele wêreld is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die oudste dogter sê toe vir die jongste dogter: “Ons pa is oud en ons sal nie hier mans kan kry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Lot se oudste dogter sê toe eendag vir haar suster: “Pa word oud en hier is geen man in die omgewing met wie ons kan trou nie.