Genesis 19:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe God die stede van die vlakte vernietig het, het God aan Abraham gedink en Lot uitgestuur te midde van die omkering, toe hy die stede waarin Lot gewoon het, omgekeer het.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar God het Abraham se versoek onthou en Lot gered uit die verwoesting van die stede in die vlakte waar hy gewoon het.
Afrikaans 1933/1953 En onderwyl God die stede van die Jordaanstreek verwoes, het God aan Abraham gedink en Lot uitgelei uit die omkering toe Hy die stede omgekeer het waar Lot woonagtig was.
Afrikaans 1983 Toe God die stede in die vlakte verdelg het waar Lot gewoon het, het God aan Abraham gedink en vir Lot laat wegkom uit die plek waar die verwoesting plaasgevind het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe God die stede van die Jordaanstreek verdelg het, het God aan Abraham gedink, en Lot weggestuur uit die verwoesting, toe Hy die stede waarin Lot gewoon het, verwoes het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe God die stede in die suide van die Jordaan-vallei verwoes het, het Hy aan Abraham gedink en Hy het vir Lot laat uitgaan uit die stede wat Hy verwoes het. Dit was die stede waar Lot gewoon het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl die Here die stede in die vallei verwoes het, het Hy aan Abraham gedink. Hy het onthou wat Abraham Hom gevra het; daarom is Lot en sy mense nie in die ramp dood nie.