Genesis 19:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het in die rigting van Sodom en Gomorra en na die hele land van die vlakte gekyk, en kyk, en kyk, die rook van die land het opgegaan soos die rook van 'n oond.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het oor die vlakte uitgekyk in die rigting van Sodom en Gomorra. Daar sien hy net rookkolomme optrek oor die hele gebied, soos rook uit ’n steenoond.
Afrikaans 1933/1953 Toe hy uitkyk oor Sodom en Gomorra en oor die hele land van die Jordaanstreek, sien hy dat die rook van die land optrek soos die rook van 'n smeltoond.
Afrikaans 1983 Toe Abraham in die rigting van Sodom en Gomorra en van die hele vlaktestreek kyk, sien hy oor die hele wêreld trek rook op asof dit 'n steenoond is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het afgekyk oor Sodom en Gomorra en oor die hele gebied van die Jordaanstreek, en gesien daar styg rook op uit die land, soos die rook uit 'n smeltoond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gekyk na Sodom en Gomorra en na die hele suide van die Jordaan-vallei. Hy het rook gesien wat uit die aarde kom daar waar die stede was. Dit het gelyk soos rook uit 'n oond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het in Sodom en Gomorra se rigting gekyk en net verwoesting aanskou. Al die dorpe in die omgewing was vernietig. Donker rookwolke het oor die gebied gehang saam met die skerp reuk van rookwalms.