Genesis 19:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het daardie stede omgekeer en die hele vlakte en al die inwoners van die stede en wat op die grond gegroei het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het hierdie stede en hulle omgewing totaal verwoes met al hulle inwoners en die plante en die diere. |
| Afrikaans 1933/1953 | en Hy het hierdie stede omgekeer en die hele Jordaanstreek, ook al die inwoners van die stede en wat op die grond groei. |
| Afrikaans 1983 | En God het die stede en die hele vlakte verwoes en al hulle inwoners om die lewe gebring; selfs die plante in die omgewing is uitgeroei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het hierdie stede verwoes en die hele Jordaanstreek – al die inwoners van die stede en ook wat uit die grond spruit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het daardie stede verwoes, en die hele suide van die Jordaan-vallei, ook al die mense wat in die stede gewoon het, en al die plante. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie vuur het alles en almal voor die voet verdelg. Die Here het al die stede in die omgewing heeltemal vernietig, al die inwoners doodgemaak en al die plante tot op die grond verwoes. Niks het oorgebly nie. |