Genesis 19:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir hom: Kyk, Ek het jou ook oor hierdie saak behaag, dat Ek hierdie stad, oor wie jy gespreek het, nie sal vernietig nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Goed,” sê die engel, “ek sal aan jou versoek voldoen. Ek sal die klein dorpie spaar.
Afrikaans 1933/1953 En Hy sê vir hom: Kyk, Ek neem jou ook in hierdie saak in guns aan, sodat Ek die stad waarvan jy gespreek het, nie sal omkeer nie.
Afrikaans 1983 Toe sê die engel vir hom: “Ook wat dit betref, staan ek jou versoek toe. Ek sal nie die dorp waarvan jy praat, verwoes nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het hom geantwoord: “Kyk, Ek sal jou ook in hierdie saak tegemoetkom deur nie die dorp waarvan jy praat, te verwoes nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die engel sê toe vir Lot: “Goed, jy mag dit ook doen. Ek sal nie daardie stad verwoes nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het toe geantwoord: “Goed dan, julle kan daarheen vlug. Ek sal aan julle dink en die dorpie nie verwoes nie.