Genesis 19:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk nou, hierdie stad is naby om na te vlug, en dit is 'n kleintjie: Ag, laat my daarheen vlug (is dit nie 'n kleintjie nie?) en my siel sal lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Kyk, hier naby is ’n klein dorpie. Laat my asseblief tog daarheen vlug. Kyk net hoe klein is dit! Dan sal my lewe gespaar word.”
Afrikaans 1933/1953 Kyk tog, hierdie stad is naby om daarheen te vlug, en dit is klein. Laat my tog daarheen vlug -- is dit nie klein nie? -- dat ek kan lewe!
Afrikaans 1983 Kyk, hier naby is 'n dorpie waarheen ek kan vlug. Ek wil daarheen vlug en so my lewe red. Dit is maar 'n ou klein dorpie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, hierdie dorp is naby genoeg om daarheen te kan vlug, en dit is 'n klein dorpie. Ek wil graag daarheen ontvlug; dit is mos maar klein; dan kan ek my lewe behou.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hier naby is 'n stad. Dit is klein, maar ek kan tot daar vlug. Laat my asseblief daarnatoe vlug, ek sal daar veilig wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar is egter ’n dorpie net agter die eerste bult. Dit is maar ’n klein ou plekkie, maar daar sal ons veilig wees. Niemand sal ons daar kry nie en geen ellende sal ons daar tref nie. So, asseblief, Meneer, laat ons tog daarheen gaan.”