Genesis 19:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Kyk tog, my HERE, draai tog in die huis van U kneg in en vertoef die hele nag en was U voete, en julle sal vroeg opstaan en julle weë voortgaan. En hulle antwoord: Nee! maar ons sal die hele nag in die straat bly.
Afrikaans (NLV) 2011 “Menere,” sê hy, “kom gerus saam na my huis toe. Daar kan u u voete was en my gaste vir die nag wees. Môre-oggend kan u weer vroeg op pad wees.” “Nee, dankie,” antwoord hulle, “ons sal die nag sommer hier op die stadsplein deurbring.”
Afrikaans 1933/1953 en gesê: Kyk tog, my here, draai tog uit na die huis van u dienaar en bly die nag oor en was u voete; dan kan u vroeg opstaan en u reis voortsit. Maar hulle antwoord: Nee, ons sal op die plein vernag.
Afrikaans 1983 en gesê: “Welkom, Menere! Kom tog na my huis toe en oornag daar. Julle kan ook julle voete was. Dan kan julle môre vroeg julle reis voortsit.” Maar hulle sê: “Nee, ons sal sommer op die plein oornag.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe: “Ag, menere, draai asseblief af na die huis van u dienaar, bly die nag oor en was u voete! U kan vroeg opstaan en op u pad gaan.” Maar hulle het gesê: “Nee, ons sal hier in die oop ruimte oornag.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gesê: “Menere, kom na my huis. Kom bly vannag daar en kom was julle voete. Dan kan julle môre vroeg opstaan en verder gaan.” Maar hulle het vir hom gesê: “Ons sal hier by die poort slaap.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Menere,” het hy gesê, “welkom hier in Sodom. U kan vannag sommer by my oorslaap. Daar kan u was en ontspan en môre vroeg weer verder gaan.” Hulle wou nie en het gesê: “Baie dankie, maar ons slaap sommer op die stadsplein.”