Genesis 19:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl hy vertoef, het die manne sy hand en die hand van sy vrou en die hand van sy twee dogters gegryp; die HERE was hom genadig, en hulle het hom uitgelei en hom buitekant die stad gesit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Lot nog talm, gryp die engele sy hand en dié van sy vrou en twee dogters, en lei hulle haastig uit die stad uit, want die Here was hulle genadig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy het nog getalm. Toe gryp die manne hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat die HERE hom wou verskoon; en hulle lei hom uit en bring hom buitekant die stad. |
| Afrikaans 1983 | Toe Lot nog talm, het die twee mans hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand gegryp en hulle uit die stad uit gevat, want die Here het Hom oor Lot ontferm. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het nog gehuiwer, toe gryp die mans hom, sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat die Here Hom oor hom ontferm het. Hulle het hom uitgelei en buite die stad gelaat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Lot het nog 'n bietjie gewag. Toe gryp die twee mans sy hand en sy vrou se hand en sy twee dogters se hande en hulle neem hulle almal tot buite die stad. Die Here wou Lot se lewe spaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Lot het nog aanhou draai. Toe gryp die engele hulle hande en lei hulle na ’n veilige plek buite die stad. Die Here het vir Lot-hulle omgegee; daarom het Hy hulle veilig uitgelei. |