Genesis 19:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die môre aanbreek, het die engele vir Lot gehaas en gesê: Staan op, neem jou vrou en jou twee dogters wat hier is; dat jy nie deur die ongeregtigheid van die stad omkom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Teen dagbreek die volgende dag het die engele by hulle aangedring: “Maak gou! Neem jou vrou en twee dogters wat by jou is uit hierdie plek, anders sal die verwoesting van die stad julle ook tref.”
Afrikaans 1933/1953 En toe die dag begin breek, het die engele by Lot aangedring en gesê: Maak jou klaar, neem jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, dat jy weens die ongeregtigheid van die stad nie omkom nie.
Afrikaans 1983 Toe die dag begin breek, het die engele hom aangejaag en gesê: “Kom nou! Vat jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, anders sterf jy wanneer die stad sy straf kry.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Net toe die dag breek, het die engele Lot aangespoor: “Staan op! Neem jou vrou en jou twee dogters wat hier is, anders word julle meegesleur oor die sondeskuld van die stad.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe dit dag word, het die engele vir Lot gesê hy moet gou maak. Hulle het gesê: “Kom, neem jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, sodat die Here jou nie ook straf wanneer Hy die stad straf nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Teen dagbreek het die engele Lot aangejaag en gesê: “Nou moet julle regtig baie vinnig vertrek. As jy en jou vrou en die twee dogters nie nou vertrek nie, sal julle saam met die stad vergaan.”