Genesis 19:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Lot het uitgegaan en met sy skoonseuns gespreek wat met sy dogters getrou het, en gesê: Staan op, gaan weg uit hierdie plek; want die HERE sal hierdie stad verwoes. Maar hy het gelyk soos iemand wat met sy skoonseuns spot.
Afrikaans (NLV) 2011 Lot is toe vinnig na sy dogters se aanstaande mans om hulle te vertel: “Maak gou, gaan uit die stad uit! Die Here gaan dit verwoes!” Maar die jong mans het gedink hy maak ’n grap.
Afrikaans 1933/1953 Toe gaan Lot uit en praat met sy skoonseuns wat met sy dogters sou trou, en sê: Maak julle klaar, gaan uit hierdie plek uit, want die HERE gaan die stad verwoes. Maar hy was in die oë van sy skoonseuns soos een wat gekskeer.
Afrikaans 1983 Lot het toe vir sy aanstaande skoonseuns gaan sê: “Kom uit hierdie plek uit, want die Here gaan hierdie stad verdelg,” maar hulle het gedink Lot maak 'n grap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Lot het uitgegaan en met sy skoonseuns, wat sy dogters as vrou sou neem, gepraat. Hy het gesê: “Maak gereed en gaan uit hierdie plek uit! Want die Here gaan die stad verdelg.” Maar in sy skoonseuns se oë was dit asof hy gekskeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Lot het gegaan en met die skoonseuns gepraat wat met sy dogters sou trou. Hy het gesê: “Kom, julle moet uit hierdie plek uitgaan, want die Here gaan die stad verwoes.” Maar sy skoonseuns het gedink Lot maak 'n grap.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Lot is toe haastig weg na die skoonseuns wat met sy oudste dogters getroud was, en het uitasem vir hulle gesê: “Staan op en gaan dadelik weg, want die Here is op die punt om die stad te vernietig.” Lot se skoonseuns het gelag, want hulle het gedink hy maak ’n grap.