Genesis 19:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die manne vir Lot: Het jy hier nog skoonseuns, seuns, dogters en alles wat jy in die stad het, bring hulle uit hierdie plek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Het jy enige ander bloedverwante hier in die stad?” vra die engele. “Kry hulle uit hierdie plek uit, of dit nou skoonseuns, seuns, dogters of wie ook al is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê die manne vir Lot: Wie het jy hier nog? 'n Skoonseun en jou seuns en jou dogters en almal wat jy het in die stad -- bring hulle uit die plek uit; |
| Afrikaans 1983 | Die mans by Lot sê toe vir hom: “Wie van jou mense is nog hier? Skoonseuns of seuns of dogters of wie jy ook al in die stad het, vat hulle uit die plek uit! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die mans vra toe vir Lot: “Wie van jou mense is nog hier in die stad – 'n skoonseun, jou seuns, jou dogters, of enige iemand van jou? Neem hulle uit hierdie plek, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die twee mans vra toe vir Lot: “Is hier nog van jou mense? Neem jou skoonseuns, jou seuns en dogters en al jou mense. Neem hulle uit hierdie stad uit, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het die twee mans vir Lot gesê: “Ons sal moet vinnig spring. As daar nog ’n seun of ’n dogter saam met jou in die huis is, moet jy hulle dadelik roep. En as daar nog een van jou mense in die stad is, moet jy hulle nou uit hierdie plek kry. |