Genesis 19:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het die manne wat by die deur van die huis was, met blindheid geslaan, klein en groot, sodat hulle moeg was om die deur te vind.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het hulle al die mans van Sodom buite die huis verblind sodat hulle die deur nie kon kry nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe slaan hulle die manne wat by die ingang van die huis was, klein en groot, met blindheid, sodat hulle tevergeefs na die ingang gesoek het.
Afrikaans 1983 en die mans buite by die deur, oud en jonk, laat blind word sodat hulle nie die deur kon kry nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het ook die mans wat by die ingang van die huis was, van klein tot groot, met blindheid geslaan. Die mans het toe maar opgegee om die deur te probeer vind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het al die mans wat voor die huis was, blind laat word, die jong mans en die ou mans, sodat hulle nie die deur van die huis kon kry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Skielik het hulle met ’n helder en skerp lig die mans verwar, sodat hulle wat by die huis se ingang saamgedrom het, nie die deur kon kry nie.