Genesis 19:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En teen die aand het twee engele na Sodom gekom; en Lot het in die poort van Sodom gesit, en toe Lot hulle sien, het hy opgestaan hulle tegemoet; en hy het met sy aangesig na die aarde gebuig; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie aand het die twee engele by Sodom aangekom. Lot het juis in die poort van Sodom gesit. Toe hy hulle sien, het hy opgestaan om hulle te ontmoet. Hy het hulle verwelkom en laag voor hulle gebuig. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die twee engele het in die aand in Sodom aangekom, terwyl Lot in die poort van Sodom sit; en toe Lot hulle sien, het hy opgestaan om hulle tegemoet te gaan en hom gebuig met die aangesig na die aarde toe |
| Afrikaans 1983 | Die twee engele het Sodom teen die aand bereik terwyl Lot juis in die poort van Sodom sit. Toe Lot hulle sien, het hy hulle tegemoet gegaan en diep gebuig |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die twee engele het teen die aand in Sodom aangekom terwyl Lot in die stadspoort van Sodom sit. Toe Lot hulle sien, staan hy op, gaan hulle tegemoet en buig laag met sy gesig na die grond. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die twee engele het in die aand in die stad Sodom gekom. Lot het by Sodom se poort gesit, en hy het hulle gesien. Hy het opgestaan om hulle te ontmoet en hy het met sy gesig teen die grond gaan lê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Teen die aand se kant het die twee engele in Sodom aangekom. Op daardie oomblik het Lot juis by die stadspoorte gesit en gesels. Toe hy hulle sien, het hy opgestaan, hulle vriendelik gegroet en voor hulle gebuig. |