Genesis 18:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het botter en melk en die kalf geneem wat hy klaargemaak het, en dit voor hulle neergesit; en hy het by hulle onder die boom gaan staan, en hulle het geëet.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die kos gereed was, het hy botter en melk saam met die gaar vleis aan hulle voorgesit. Terwyl hulle eet, het Abraham by hulle onder die boom bly staan om hulle te bedien.
Afrikaans 1933/1953 En hy neem dikmelk en soetmelk en die kalf wat hy klaargemaak het, en sit dit aan hulle voor, terwyl hy self by hulle onder die boom bly staan; en hulle het geëet.
Afrikaans 1983 Toe het Abraham botter en melk en die kalf wat voorberei is, gevat en voor die mans neergesit, en hulle het daar onder die boom geëet terwyl hy hulle bedien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy neem toe botter, melk en die bulkalf wat voorberei is, en sit dit aan hulle voor. Terwyl hy by hulle onder die boom staan, het hulle geëet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die kalf gaar is, neem Abraham ook botter en melk en hy gee dit vir die mans. Hy het hulle onder die boom bedien, en hulle het geëet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die kos klaar was, het Abraham die kalf saam met botterstukkies en melk vir die gaste voorgesit. Terwyl hulle geëet het, het Abraham eenkant onder die boom gestaan.