Genesis 18:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Abraham het na die beeste gehardloop en 'n teer en goeie kalf gaan haal en dit aan 'n jongman gegee; en hy het dit gou gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna loop hy vinnig na die beestrop toe en kies ’n vet jaaroudkalf en beveel ’n dienskneg om dit gou te slag en voor te berei.
Afrikaans 1933/1953 Daarop loop Abraham na die beeste en vang 'n jong, mooi kalf en gee dit aan die dienaar, wat dit gou klaargemaak het.
Afrikaans 1983 Daarna het hy na die beeste toe gedraf en 'n mooi jong kalf gevat en vir 'n slaaf gegee om dit gou voor te berei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna hardloop Abraham na die beeste, neem 'n jong bulkalf, met sagte, goeie vleis, en gee dit vir sy dienaar, en hy het dit gou voorberei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het Abraham gou na die beeste gegaan, hy het 'n mooi jong bul-kalf gevang en hy het dit vir 'n slaaf gegee om gaar te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna is hy op ’n drafstap beeste toe. Hy keer ’n mooi jong kalf uit die trop en vra een van sy werkers om dit vinnig te slag en die vleis gaar te maak.