Genesis 18:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Abraham het vinnig in die tent na Sara gekom en gesê: Maak gou drie mate fyn meel gereed, knie dit en maak koeke op die vuurherd.
Afrikaans (NLV) 2011 Abraham is vinnig terug tent toe en sê vir Sara: “Maak gou! Kry drie mate fynmeel, knie dit en bak roosterkoeke.”
Afrikaans 1933/1953 Toe loop Abraham haastig in die tent na Sara en sê: Maak gou, knie drie mate meel, die beste, en maak roosterkoeke.
Afrikaans 1983 Abraham het toe gou na Sara toe in die tent gegaan en vir haar gesê: “Vat gou sestien kilogram meel en knie dit en bak roosterkoeke.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Abraham gaan toe haastig in die tent in na Sara toe en sê: “Neem gou drie sea meel, gesifte meel; knie dit en bak roosterkoeke!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Abraham gaan toe gou na Sara in sy tent en sê vir haar: “Neem gou drie sea van die beste meel, knie dit en bak brood.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Abraham is vinnig tent toe om vir Sara te sê: “Vat gou ’n paar hande vol van jou beste fynmeel, knie dit en maak vir die mense broodrolletjies.”