Genesis 18:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal 'n stukkie brood gaan haal en julle harte vertroos; daarna moet julle deurtrek, want daarom het julle na julle dienaar gekom. En hulle sê: Doen so soos jy gesê het.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl u my dan die eer aandoen om by my te vertoef sal ek ’n bietjie kos laat voorberei sodat u versterk kan word. Vertoef tog ’n rukkie voordat u verder reis.” “Alte seker,” sê hulle. “Doen soos jy gesê het.”
Afrikaans 1933/1953 En laat ek 'n stukkie brood gaan haal, en versterk u hart -- daarna kan u verder gaan -- want daarom het u by u kneg aangekom. En hulle antwoord: Doen soos u gesê het.
Afrikaans 1983 U is nou eenmaal op pad hier by my verby, en daarom wil ek 'n stukkie brood vir u gaan haal dat u weer nuwe krag kan kry.” Hulle het vir hom gesê: “Goed! Maak so!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat ek 'n stukkie brood bring, en versterk u innerlike, waarna u verder kan gaan; want juis daarom het u by u dienaar langs gekom.” Hulle het geantwoord: “Maak gerus soos u sê.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek wil vir julle 'n stukkie brood gaan haal, sodat julle weer nuwe krag kan kry. Ek weet dit is hoekom julle na my toe gekom het. Julle kan verder gaan nadat julle geëet het.” Hulle sê toe vir hom: “Goed, jy moet doen soos jy gesê het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek kry ook gou ’n stukkie brood, dan kan u iets eet voordat u verder loop. Dit is wonderlik dat u nou juis hier by my verby moes kom.” Hulle antwoord: “Goed dan, ons sal so ’n rukkie bly. Maak maar soos jy sê.”