Genesis 18:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat tog 'n bietjie water gaan haal word, en was julle voete en rus onder die boom.
Afrikaans (NLV) 2011 Rus eers in die skadu van hierdie boom terwyl ek water laat haal om u voete te was.
Afrikaans 1933/1953 Laat hulle tog 'n bietjie water bring, en was u voete, en lê en rus onder die boom.
Afrikaans 1983 Laat ek eers 'n bietjie water laat haal sodat u u voete kan was, en kom rus dan onder die boom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat daar 'n bietjie water gehaal word; en was u voete. Maak u dan gemaklik onder die boom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal 'n bietjie water gaan haal sodat julle julle voete kan was, en dan kan julle kom rus onder die boom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek bring vir u ’n bietjie water en dan kan u sommer daar onder die boom gaan sit en u voete was.