Genesis 18:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Laat die HERE tog nie toornig wees nie, en ek sal nog net hierdie een keer spreek: Miskien sal tien daar gevind word. En hy sê: Ek sal dit ter wille van tien nie vernietig nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Uiteindelik sê Abraham: “Here, moet tog nie kwaad word nie. Ek sal net nog hierdie een keer praat. Sê nou daar is net tien?” En die Here sê: “Ter wille van tien mense sal Ek dit nie verwoes nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie en laat my net hierdie keer mag spreek. Miskien sal daar tien gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die tien nie verwoes nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Abraham: “Moet tog nie kwaad word nie, Here! Ek wil nog net een keer praat; miskien word daar tien gekry.” En die Here sê: “Ook oor tien sal Ek dit nie verdelg nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê hy: “My Heer moet tog nie kwaad word nie! Ek wil nog net dié keer praat. Dalk word daar tien gevind.” Die Here het gesê: “Ter wille van die tien sal Ek dit nie verdelg nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Abraham: “Moet asseblief nie kwaad word as ek nog hierdie laaste maal praat nie. Miskien is daar tien goeie mense.” En die Here het gesê: “Ek sal die stad nie verwoes nie as daar tien goeie mense is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En Abraham het ’n laaste keer gevra: “Here, moenie kwaad wees nie, maar as daar net tien is, wat dan?” En weer het die Here Abraham gerusgestel dat Hy die stad ter wille van hierdie tien sal spaar. |