Genesis 18:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het gesê: Kyk nou, ek het my aangeneem om met die HERE te spreek: Miskien sal daar twintig gevind word. En hy sê: Ek sal dit ter wille van twintig nie vernietig nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Abraham het weer gevra: “Terwyl ek dit gewaag het om met U te praat, Here, laat my tog voortgaan. Wat as daar net twintig onskuldiges is?” Die Here sê vir hom: “Ek sal dit nie verwoes as daar twintig is nie.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê hy: Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek. Miskien sal daar twintig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die twintig nie verwoes nie.
Afrikaans 1983 Maar Abraham sê: “Ek bly waag om met die Here te praat. Miskien word daar twintig gekry,” en die Here sê: “Oor die twintig sal Ek dit nie verdelg nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Abraham sê toe: “Kyk, ek het dit gewaag om met my Heer te praat. Dalk word daar twintig gevind?” Hy het geantwoord: “Ter wille van twintig sal Ek die stad nie verdelg nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Abraham: “Ek was bang, maar ek hét met die Here gepraat. Miskien is daar 20 goeie mense.” En die Here sê: “Ek sal die stad nie verwoes nie as daar 20 goeie mense is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Abraham het weer probeer: “Dis verwaand van my om met die Here te redeneer. Maar as daar net twintig is, Here, wat dan?” Weer het die Here gesê dat Hy die stad nie sal vernietig nie.