Genesis 18:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir hom: Laat die HERE nie toornig wees nie, en ek sal spreek: Miskien sal daar dertig gevind word. En hy sê: Ek sal dit nie doen as ek daar dertig kry nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Moet asseblief nie vir my kwaad word nie, Here,” het Abraham gepleit. “Laat my toe om te praat. Wat daarvan as daar net 30 is?” Die Here sê: “As Ek 30 daar vind, sal Ek dit nie verwoes nie.”
Afrikaans 1933/1953 Verder sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie, en mag ek nog iets sê. Miskien sal daar dertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit nie doen as Ek daar dertig vind nie.
Afrikaans 1983 Abraham sê toe: “Moet tog nie kwaad word as ek nog 'n keer praat nie, Here. Miskien sal daar dertig te kry wees,” en die Here sê: “Ek sal dit nie doen as Ek dertig daar kry nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê hy: “My Heer moet tog nie kwaad word nie! Ek wil nog praat; dalk word daar dertig gevind.” Die Here het gesê: “Ek sal dit nie doen as Ek dertig daar vind nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Abraham: “Asseblief, Here, moenie kwaad word as ek praat nie. Miskien is daar 30 goeie mense.” Die Here het geantwoord: “Ek sal dit nie doen nie as Ek daar 30 goeie mense kry.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Abraham sê toe: “Here, moet tog nie kwaad word as ek weer vra nie, maar sê nou daar is net 30?” Weer het die Here Abraham verseker dat Hy die stad sal spaar.