Genesis 18:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sê: My Meester, as ek nou genade in U oë gevind het, gaan tog nie by U kneg verby nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Menere,” het hy gesê, “doen my ’n guns en vertoef ’n bietjie hier. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sê: My heer, as ek nou genade in u oë gevind het, gaan dan tog nie by u kneg verby nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy het gesê: “Menere, u sal my 'n guns bewys deur nie by my verby te gaan nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sê toe: “My heer, as ek guns vind in u oë, moet dan asseblief nie by u dienaar verbygaan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het gesê: “Menere, julle sal my gelukkig maak as julle nie by my verbygaan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het laag gebuig en toe gesê: “Menere, kom asseblief nader. Moenie verder stap nie. Bly hier. Dit is ’n voorreg om u te ontvang. |