Genesis 18:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het weer met hom gespreek en gesê: Miskien sal daar veertig gevind word. En hy sê: Ek sal dit ter wille van veertig nie doen nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Abraham het verder aangedring: “Veronderstel daar is net 40?” Die Here antwoord: “Ek sal dit ter wille van 40 nie verwoes nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het nog verder met Hom gespreek en gesê: Miskien sal daar veertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die veertig nie doen nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe praat Abraham weer met die Here: “Miskien sal daar veertig gevind word,” en die Here sê: “Ook oor veertig sal Ek dit nie doen nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abraham het toe voortgegaan om met die Here te praat; hy het gesê: “Miskien word daar veertig gevind?” Die Here het geantwoord: “Ter wille van die veertig sal Ek dit nie doen nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abraham het nog 'n maal met die Here gepraat en gesê: “Miskien is daar 40 goeie mense.” En die Here het gesê: “As daar 40 is, dan sal Ek dit nie doen nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “En sê maar daar is net 40?” het Abraham gevra. Weer het die Here gesê dat Hy nie die stad sal verwoes nie. |