Genesis 18:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Miskien sal daar vyf ontbreek van die vyftig regverdiges; sal U die hele stad verwoes weens gebrek aan vyf? En hy sê: As ek daar vyf en veertig vind, sal ek dit nie vernietig nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sê nou daar is 45? Sal U die stad verwoes net omdat daar vyf minder is?” Die Here antwoord hom: “As Ek 45 kry, sal Ek dit nie verwoes nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Miskien sal daar aan die vyftig regverdiges vyf ontbreek; sal U ter wille van vyf die hele stad verwoes? En Hy antwoord: Ek sal dit nie verwoes as Ek daar vyf en veertig vind nie. |
| Afrikaans 1983 | Sê nou die regverdiges is vyf minder as vyftig: sal U die hele stad vir vyf verdelg?” Hierop antwoord die Here: “Ek sal dit nie verdelg as Ek vyf en veertig daar kry nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dalk ontbreek vyf van die vyftig regverdiges. Sal U net oor vyf die hele stad verdelg?” Hy het geantwoord: “Ek sal dit nie verdelg as Ek daar vyf-en-veertig regverdiges vind nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Miskien is daar vyf minder as 50 goeie mense. Sal U die hele stad verwoes oor vyf mense?” Toe sê die Here: “Ek sal dit nie verwoes nie as Ek daar 45 goeie mense kry.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sê nou daar is nie heeltemal 50 nie, maar net 45 goeie mense. Sal U dan die stad vernietig? Gaan vyf soveel verskil maak?” “Nee,” sê die Here toe, “as daar 45 is, sal Ek nie die stad vernietig nie.” |