Genesis 18:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is ver van jou af om so te doen, om die regverdige saam met die goddelose dood te maak, en dat die regverdige moet wees soos die goddelose, wat ver van jou af is: Sal die Regter van die hele aarde nie reg doen nie?
Afrikaans (NLV) 2011 U sal tog sekerlik nie die onskuldiges saam met die skuldiges laat doodgaan nie! Hoekom sou U die onskuldiges en die skuldiges almal oor een kam skeer? U sal dit tog sekerlik nie doen nie! Moet die regter van die hele aarde dan nie doen wat reg is nie?”
Afrikaans 1933/1953 Laat dit ver van U wees om so iets te doen: om die regverdige saam met die goddelose om te bring, sodat die regverdige gelyk is met die goddelose. Laat dit ver van U wees! Sal die Regter van die ganse aarde geen reg doen nie?
Afrikaans 1983 U sal tog nie so iets doen en die regverdiges saam met die goddeloses om die lewe bring nie! U sal tog nie die regverdiges soos die goddeloses behandel nie! Sal die regter van die hele aarde dan nie reg laat geskied nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U sal tog nooit so iets doen nie – om regverdiges saam met goddeloses te laat sterf, asof regverdiges soos goddeloses is! U sal tog nooit! Sal die regter van die hele aarde dan nie reg laat geskied nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sal U die goeie mense saam met die slegte mense doodmaak? U sal nie dieselfde doen met goeie mense en met slegte mense nie. U sal dit nooit doen nie. U, die Regter van die hele aarde, sal reg oordeel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U sal mos nie goeie mense saam met slegtes laat ly nie. So iets sal U mos nie doen nie. U wat die goeie regter is van die hele wêreld, sal mos nie skuldiges en onskuldiges saam vernietig nie.”