Genesis 18:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Miskien is daar vyftig regverdiges in die stad; sal U ook die plek vernietig en nie spaar vir die vyftig regverdiges wat daarin is nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Sê nou daar is 50 onskuldige mense in die stad. Sal U nie die stad ter wille van hulle spaar nie?
Afrikaans 1933/1953 Miskien is daar vyftig regverdiges binne-in die stad; sal U hulle ook ombring en die plek nie spaar ter wille van die vyftig regverdiges wat daarin is nie?
Afrikaans 1983 Miskien is daar vyftig regverdiges in die stad. Sal U die plek werklik vernietig? Sal U dit nie spaar oor vyftig regverdiges daarin nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Miskien is daar vyftig regverdiges in die stad; sal U nogtans die stad verdelg en nie die plek vergewe ter wille van die vyftig regverdiges wat daarin is nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Miskien is daar 50 goeie mense in die stad. Sal U hulle ook doodmaak en die hele stad straf as daar 50 goeie mense in die stad is?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê nou daar is 50 goeie mense in die stad; gaan U dit nogtans verwoes? Sal U nie die stad ter wille van hierdie 50 spaar nie?