Genesis 18:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal nou afgaan en kyk of hulle heeltemal gehandel het volgens die geroep daarvan wat na my toe gekom het; en so nie, sal ek weet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek wil afgaan om te gaan kyk of dit waar is of nie. Dan sal Ek vir seker weet.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek wil neerdaal en sien of hulle werklik gehandel het soos die geroep oor hulle is wat by My gekom het; en so nie, Ek wil dit weet. |
| Afrikaans 1983 | Ek wil gaan kyk sodat Ek kan weet of hulle ooreenkomstig die geroep wat tot by My gekom het, gehandel het of nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek wil afgaan en kyk of wat hulle gedoen het, volledig ooreenstem met die noodkreet oor die stad wat tot My gekom het, en indien nie, dan wil Ek dit weet.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek wil afgaan en gaan kyk of hulle regtig doen wat Ek gehoor het. Ek wil dit weet.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En Ek het kom kyk wat aangaan en of alles so sleg is. Ek moet uitvind of alles oor Sodom en Gomorra waar is of nie.” |