Genesis 18:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy slaan sy oë op en kyk, en kyk, drie manne staan by hom; en toe hy hulle sien, hardloop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die grond. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | sien hy skielik drie mans daar naby staan. Hy het opgestaan, vinnig na hulle toe gestap en hulle verwelkom deur diep te buig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die aarde toe. |
| Afrikaans 1983 | kyk hy op en sien drie mans daar naby staan. Toe hy hulle sien, het hy van sy tentdeur af na hulle toe gedraf en voor hulle gebuig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hy opkyk, sien hy skielik drie mans naby hom staan. Toe hy hulle sien, hardloop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig laag teen die grond. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hy opkyk, het hy drie mans voor hom gesien staan. Toe hy hulle sien, het hy na hulle toe gehardloop en laag gebuig voor hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Skielik sien hy drie mans voor hom. Abraham het opgespring en die mans gaan groet. |