Genesis 18:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die manne het daarvandaan opgestaan en na Sodom gekyk, en Abraham het saam met hulle gegaan om hulle op die pad te bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ná ete het die mans opgestaan en in die rigting van Sodom gestap. Abraham het ’n entjie saamgeloop om hulle af te sien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe staan die manne daarvandaan op, en hulle het gekyk na die kant van Sodom; en Abraham het saam met hulle gegaan om hulle weg te bring. |
| Afrikaans 1983 | Toe die mans opstaan om te vertrek, het Abraham 'n entjie saam met hulle gestap. Die mans het afgekyk in die rigting van Sodom, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manne het daar opgestaan en afgekyk in die rigting van Sodom. Abraham het saam met hulle gestap om hulle weg te sien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mans het opgestaan om te gaan, en Abraham het 'n entjie saam met hulle gestap. Hulle het na die stad Sodom gekyk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Later die middag het die drie mans opgestaan en op ’n plek gekom waar hulle Sodom kon sien. Abraham het ’n ent saamgestap. |