Genesis 18:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Sara ontken en gesê: Ek het nie gelag nie; want sy was bang. En hy antwoord: Nee; maar jy het gelag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Nee, ek het nie gelag nie!” antwoord sy, want sy was bang. Maar Hy sê: “Dit is nie waar nie. Jy hét gelag.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Sara het dit ontken en gesê: Ek het nie gelag nie -- want sy was bang. Maar Hy sê: Nee, maar jy het gelag. |
| Afrikaans 1983 | Sara het geskrik en toe 'n leuen vertel. “Ek het nie gelag nie,” het sy gesê. Maar die Here het gesê: “Nee, jy het gelag.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sara het dit egter ontken en gesê: “Ek het nie gelag nie,” want sy was bang. Hy het gesê: “Nee, maar jy hét gelag.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sara was bang. Sy het gestry en gesê: “Ek het nie gelag nie.” Maar die Here het gesê: “Dit is nie waar nie, jy hét gelag.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sara het skielik bang geword en ontken dat sy gelag het, maar die Here het gesê: “O ja, jy het!” |