Genesis 18:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is iets vir die HERE te moeilik? Op die vasgestelde tyd sal Ek na jou terugkeer, volgens die tyd van die lewe, en Sara sal 'n seun hê.
Afrikaans (NLV) 2011 Is daar enigiets wat te moeilik is vir die Here? Ek sal oor ’n jaar terugkom en dan sal Sara ’n seun hê.”
Afrikaans 1933/1953 Sou iets vir die HERE te wonderbaar wees? Hierdie tyd, oor 'n jaar, sal Ek na jou terugkom, en Sara sal 'n seun hê.
Afrikaans 1983 Is iets te buitengewoon vir die Here? Op die vasgestelde tyd sal Ek terugkom. Volgende jaar hierdie tyd sal Sara 'n seun hê.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is enigiets te wonderbaarlik vir die Here? Op die vasgestelde tyd wanneer die seisoen draai, sal Ek na jou toe terugkom, en dan sal Sara 'n seun hê.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Is daar iets wat te moeilik is vir die Here? Volgende jaar dieselfde tyd kom Ek terug na jou toe. Sara sal dan 'n seun hê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Is enigiets dan vir die Here onmoontlik? Oor ’n jaar is Ek weer hier, dan sal Sara ’n seun hê.”