Genesis 18:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het Sara by haarself gelag en gesê: Sal ek behae hê as ek oud geword het, terwyl my heer ook oud is?
Afrikaans (NLV) 2011 het sy by haarself gelag. “Hoe kan ’n ou vrou soos ek nog sulke plesier ervaar?” het sy gedink. “En dit nogal met my man wat oud is!”
Afrikaans 1933/1953 En Sara het by haarself gelag en gedink: Sal ek wellus hê nadat ek oud geword het en my heer oud is?
Afrikaans 1983 en daarom het sy by haarself gelag en gedink: sal ek nog genot kan hê noudat ek afgeleef is? En dit met my man wat oud is?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy het in haar binneste gelag en gedink: “Kan ek nog seksuele begeertes hê, noudat ek al afgetakel en my man oud is?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sara het stilletjies gelag en gedink: Kan ek nou nog lus wees om by 'n man te slaap? Nee, ek is te oud en my man ook.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is hoekom sy gelag het toe sy die man oor ’n seun hoor praat het. Sara het vir haarself gesê: “My lyf is al veels te oud vir die genot van die liefde. En boonop is Abraham ook hopeloos te oud.”