Genesis 18:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het gesê: Ek sal beslis na jou terugkeer volgens die tyd van die lewe; en kyk, jou vrou Sara sal 'n seun hê. En Sara het dit gehoor in die ingang van die tent wat agter hom was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê een van hulle: “Omtrent hierdie tyd volgende jaar sal ek weer terugkom. Jou vrou Sara sal dan al ’n seun hê.” Sara het by die ingang van die tent agter hom gestaan en afluister. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy sê: Ek sal oor 'n jaar sekerlik weer na jou toe kom -- dan sal jou vrou Sara 'n seun hê. En Sara het geluister by die ingang van die tent wat agter Hom was. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê die een: “Ek sal beslis volgende jaar hierdie tyd na jou toe terugkom, en dan sal jou vrou Sara 'n seun hê.” Sara het by die tentopening gestaan en afluister, en die een wat gepraat het, was aan die buitekant. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê een: “Ek sal beslis na jou terugkom wanneer die seisoen draai. Kyk, Sara, jou vrou, sal dan 'n seun hê.” Sara het gestaan en luister by die ingang van die tent, wat agter hom was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê die Here: “Ek sal volgende jaar dieselfde tyd terugkom na jou toe. Dan sal jou vrou Sara 'n seun hê. Dit is seker.” Sara was agter Abraham by die tent se deur en sy het dit gehoor. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Een van hulle sê toe: “As ek volgende jaar op dieselfde tyd weer hier verbykom, sal jou vrou ’n seun hê.” Sara het dit gehoor, want sy het agter hulle in die tent se ingang gestaan. |