Genesis 17:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land gee waarin jy 'n vreemdeling is, die hele land Kanaän, as 'n ewige besitting; en Ek sal hulle God wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie hele land Kanaän waar jy nou bly, gee Ek vir jou en jou nageslag, vir altyd. En Ek sal hulle God wees.”
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal aan jou en jou nageslag njou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as 'n ewige besitting; en Ek sal vir hulle 'n God wees.
Afrikaans 1983 Ek gee aan jou en jou nageslag die land waar jy as vreemdeling woon, die hele Kanaän, as 'n blywende besitting, en Ek sal hulle God wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek gee aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap, die hele land Kanaän, as eiendom vir altyd, en Ek sal vir hulle 'n God wees.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En Ek sal vir jou en vir jou nageslag hierdie land gee waarin jy nou 'n vreemdeling is, die hele land Kanaän. Die land sal altyd aan julle behoort, en Ek sal julle God wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir jou en jou kinders gee Ek hierdie land. Vandag is dit nog nie joune nie, maar eendag sal dit joune word en ook jou kinders s’n. Hierdie hele land Kanaän sal vir altyd hulle s’n word. Ek sal ook hulle God wees.”