Genesis 17:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as 'n ewige verbond, om vir jou 'n God te wees en vir jou nageslag ná jou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek sal my verbond tussen My en jou bevestig van geslag tot geslag. Dit sal vir altyd voortduur. Ek sal altyd jou God wees en ook die God van jou nageslag. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag njou in hulle geslagte as 'n ewige verbond, om vir jou 'n God te wees en vir jou nageslag njou. |
| Afrikaans 1983 | “Ek bring 'n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte. Dit is 'n blywende verbond: Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal my verbond tussen My en jou en jou nageslag ná jou handhaaf, deur hulle geslagte heen, as 'n ewige verbond, om vir jou 'n God te wees en vir jou nageslag ná jou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek maak 'n verbond tussen My en jou en jou nageslag en hulle nageslagte. Dit is 'n verbond wat altyd sal aanhou. Ek sal jou God wees en ook jou nageslag se God. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek sal my ooreenkoms met jou nakom, en met jou kinders. Wat Ek beloof het, geld vir altyd. Ek sal ook hulle God wees soos Ek joune is. |