Genesis 17:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jou naam sal ook nie meer Abram genoem word nie, maar jou naam sal Abraham wees; want 'n vader van baie nasies het Ek jou gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek verander jou naam. Jy sal nie meer Abram genoem word nie, maar jy sal as Abraham bekend staan, want jy sal die voorvader wees van baie nasies. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou 'n vader van 'n menigte van nasies. |
| Afrikaans 1983 | jy sal nie meer Abram genoem word nie, jou naam sal Abraham wees, want Ek maak jou die vader van baie nasies. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy sal nie meer Abram genoem word nie. Jou naam sal Abraham wees, want vader van 'n menigte nasies maak Ek jou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en jou naam sal nie meer Abram wees nie. Jou naam sal nou Abraham wees, want Ek sal jou die voorvader van baie volke maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek gaan jou naam nou dadelik verander. Hulle sal jou nie meer Abram noem nie, maar Abraham, want Ek maak jou die pa van baie nasies.’ |