Genesis 17:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Abraham het sy seun Ismael geneem en almal wat in sy huis gebore is, en alles wat met sy geld gekoop is, al wat manlik is onder die manne van Abraham se huis; en hulle het op dieselfde dag die vlees van hulle voorhuid besny, soos God aan hom gesê het.
Afrikaans (NLV) 2011 Op dieselfde dag nog het Abraham sy seun Ismael geneem, asook elke manlike persoon in sy huishouding, en hulle aan die voorhuid besny, presies soos God beveel het.
Afrikaans 1933/1953 Daarop neem Abraham sy seun Ismael en almal wat in sy huis gebore is, en almal wat met sy geld gekoop is, almal wat manlik was onder die mense in die huis van Abraham, en hy het die vlees van hulle voorhuid nog op daardie selfde dag besny, soos God met hom gespreek het.
Afrikaans 1983 Op daardie selfde dag het Abraham sy seun Ismael gevat en al die slawe wat in sy besit gebore is, en ook dié wat hy met geld gekoop het, elke lid van die manlike geslag in sy huis, en hy het hulle besny, soos God vir hom gesê het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Abraham het sy seun Ismael geneem, ook al die kinders uit sy huishouding en almal wat met sy geld gekoop is, elke manlike persoon onder die mense van Abraham se huishouding, en hy het die vlees van hulle voorhuide besny – nog daardie selfde dag, soos God vir hom gesê het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Abraham het toe sy seun Ismael geneem en al die slawe wat in sy huis gebore is, en hy het hulle besny. Hy het ook al die slawe wat hy gekoop het, almal wat manlik is in sy huis, besny, presies soos God vir hom gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op dieselfde dag nog het Abraham sy seun, Ismael, en al sy werkers gevat en hulle besny. Of ’n werker deel van Abraham se huishouding was en of Abraham hom later gekoop het, het nie saak gemaak nie. Elke man is besny, soos God vir Abraham gesê het.