Genesis 17:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En wat Ismael betref, Ek het jou verhoor: Kyk, Ek het hom geseën en sal hom vrugbaar maak en hom uitermate vermeerder; twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom 'n groot nasie maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat Ismael betref, Ek sal hom ook seën soos jy gevra het. Ek sal hom seën met ’n ryke nageslag wat ’n groot nasie sal word; twaalf heersers sal uit hom voortkom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook wat Ismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom 'n groot nasie maak. |
| Afrikaans 1983 | Ek het gehoor wat jy oor Ismael gesê het. Kyk, Ek seën hom ook. Ek maak hom vrugbaar, en Ek sal sy nakomelinge baie maak. Uit hom sal daar twaalf heersers stam, en Ek sal hom 'n groot nasie laat word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat Ismael betref: Ek het jou verhoor. Kyk, Ek sal hom seën, hom vrugbaar maak en hom buitengewoon talryk maak. Twaalf leiers sal hy verwek, en Ek sal hom 'n groot nasie maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gehoor wat jy oor Ismael vra. Ek sal hom seën en hy sal baie kinders hê. Hy sal die voorvader van twaalf leiers wees, en sy nageslag sal 'n groot volk word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ter wille van jou sal Ek ook vir Ismael goed wees. Ek sal vir hom goed wees en hy sal ’n groot nageslag hê. Uit sy kinders sal ’n groot nasie kom met twaalf belangrike volksleiers. |