Genesis 17:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die onbesnede manlike seun wie se vlees van sy voorhuid nie besny is nie, dié siel moet uit sy volk uitgeroei word; hy het my verbond verbreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elkeen wat nie besny is nie, sal afgesny word van God se belofte omdat hy die verbond verbreek het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En wat manlik is en die voorhuid het, wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie -- die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word: hy het my verbond verbreek. |
| Afrikaans 1983 | Elke lid van die manlike geslag wat nie besny is nie, moet van sy volksgenote afgesny word. Hy het my verbond verbreek.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Onbesnede manlike persoon wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie – daardie persoon moet van sy mense afgesny word; my verbond het hy verbreek.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle moet elke man wat nie besny is nie, van hierdie volk afsny. Hy het nie my verbond gehou nie, hy het dit gebreek.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand wat nie besny is nie, is nie deel van jou nie. Hy is ook nie deel van My en my ooreenkoms met julle nie.” |